Leerling Finansiële Adviseur – Port Elizabeth
Ons klient het ’n opening vir ’n leerling finansiële adviseur wie bereid is om ’n langtermynloopbaanverbintenis te maak en passievol is oor die industrie. Die persoon moet goed in ’n span kan saamwerk en die besigheidswaardes te onderskryf.
Die vakante posisie is in die Port Elizabeth kantoor.
Die persoon moet goed kan kommunikeer in Engels en Afrikaans en uit ’n netwerk van verhoudings verkope doelwitte kan haal.
Vereistes:
• B.Com met belangstelling in holistiese- en geïntegreerde finansiële advies;
• ’n Verbintenis om die CFP® merk binne 18 maande te behaal;
• ’n Kwalifikasie in die regte – B.Com (Regte) en LLB sal voordelig wees en die moontlikheid om regsartikels te doen saam met finansiële advies internskap kan bespreek word;
• Uitstekende interpersoonlike verhoudings;
• Bestuurslisensie;
• Goed tweetalig (Afrikaans en Engels);
• Goeie werksetiek;
• Rekenaarvaardig in Microsoft Word, Excel en Powerpoint; en moet ook oor sterk administratiewe vaardighede beskik.
Sterk aanbevelings:
• CFP® kwalifikasie;
• Sterk leierseienskappe;
Pakket:
• Basiese intree-salaris onderhandelbaar tussen R7,500 – R10,000 per maand;
• Prestasiebonus;
• Rekenaar-, selfoon- en reistoelae;
• Geen groepsvoordele word tans gebied nie.